www.jip.co.za

Cheryl en Ashley Cole skei

Die huwelik van die Britse sangeres Cheryl Cole en die sokkerspeler Ashley Cole is beeïndig na 'n huwelik van vier jaar.

Die paartjie is in 2006 getroud, maar is in Februarie vanjaar uitmekaar nadat bewerings van die ontrouheid van Ashley Cole aan die lig gekom het. Cheryl Cole het in Mei haar man vir 'n egskeiding gedagvaar.

Cheryl was eers deel van die groep "Girls Aloud" voordat sy 'n sololoopbaan nagejaag het. Sy is ook 'n beoordelaar op die X-Factor.


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.