www.jip.co.za

Celebs verloor al hul Twitter-volgelinge

Justin Bieber was een van die celebs wat gister al sy volgelinge op Twitter verloor het!

'n Tegniese probleem was glo die sondebok, berig die Daily Mail. Die probleem het glo enige Twitter-gebruiker toegelaat om volgelinge sonder hul toestemming by te voeg.

Dit het veroorsaak dat duisende celebs ewe skielik lukrake vreemdelinge gevolg het.


Kim Kardashian het geskryf: 'Someone hacked my account and direct messaged me! They have added over 200 new people! Ughhhh.'

Twitter
moes toe die hele stelsel herlaai wat veroorsaak het dat celebs hul volgelinge tydelik verloor het.


Justin Bieber was ook nie gelukkig nie: ‘So I woke up here in LA and Twitter has been hacked. Turns out I am no longer popular.'


Hy het ook 'n waarskuwing uitgestuur:  ‘Hackers, I send a warning ... u have now *****d off over 2 million teenage girls. They are more dangerous than Navy Seals.'

Die probleem is egter opgelos en al die bekendes het hul volgelinge teruggekry.


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.