www.jip.co.za

Angie vra glo vir Brad om te trou!

Angelina Jolie het glo in Venisië, waar sy aan die film "The Tourist" werk, die sexy akteur Brad Pitt om sy hand gevra, berig Nuus24.


"Angelina het van oor af verlief geraak op Brad. Sy wil dit amptelik maak deur te trou," het 'n bron verklap.


Gerugte doen die ronde dat die troue by Brad se vriend, George Clooney, se villa in Italië gehou gaan word en dat die die paartjie se oudste vier kinders Maddox, Pax, Zahara en Shiloh 'n groot rol in die troue gaan speel.


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.