Wanneer iemand in die noorde "netbal" sê, dink mens amper outomaties aan die o.18 A-span van die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria.
Hulle is immers tans die kampioenspan in dié ouderdomsgroep, en is vanjaar weer besig om stof in hul teenstanders se oë te skop.
Affies se eerstespan-doelhelde het sover in die 2010-seisoen 193 doele aangeteken en slegs 72 afgestaan.
Benewens dié uitstekende doelrekord, spog Affies ook met verskeie spelers in provinsiale spanne.
Izette Lubbe, Affies se eerstespan-kaptein, is saam met Rouzanne Vermaak, Nicole Olivier en Lisa-Mari Wiese vir hul provinsie se o.18-span gekies. Marlize de Bruyn is vir Gauteng se o.16-span gekies.