www.jip.co.za

2-Jarige hou op rook

Die tweejarige Indonesiese seuntjie wie se kettingrokery opslae wêreldwyd gemaak het, het glo ophou rook.

Die New York Daily News berig dat kleine Ardi Rizal, wat eens 40 sigarette 'n dag gerook het, terapie ontvang het en glo die gewoonte afgeleer het. Sy aandag is glo herlei na speel. En hy kan ook doen met die speel en oefening - hy is glo so vet dat hy 'n speelgoed plastiekvragmotor moet gebruik om rond te beweeg.

Die seuntjie het glo aan sigarette verslaaf geraak toe sy pa vir hom eendag een gegee het om net stil te bly. Die situasie het egter gou buite beheer geraak en sy pa het eers nie 'n probleem daarmee gesien nie. Die regering het egter ingespring en gereël vir terapie om die seuntjie te help.


Sien ook:
Tweejarige rook 40 sigarette 'n dag!


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.