www.jip.co.za

11 uit 13 vir Drostdy

Die HTS Drostdy se eerste seunshokkiespan beleef 'n wonderlike seisoen en het reeds 11 van sy 13 wedstryde gewen.

Die doeltelling van 26 vir en net agt teen Drostdy spreek reeds boekdele. Agter staan, van links, Rick van Huffel, Phillip Fourie, Stefan Louw, Riaan Malherbe, Andri Marais (afrigter), Jaco Gerike en Ruan Groenewald. In die middel sit Reuben Lazerus en André Roux. Voor sit Waldo Krige, Kobie le Roux, Nichol Parr, Johan Roux en Pierre Nortje. Riaan van Zyl was afwesig toe die foto geneem is.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.