'n Minuut saam met Adam Lambert

  • 1
    like dit
  • 4
    like dit nie

LOS ANGELES (Reuters Life!/deur Jill Serjeant). - Adam Lambert het dalk die stryd verloor om as American Idol gekroon te word, maar die glam rocker met die goeie vocals sê hy het gekry wat hy wou hê van die TV-sangkompetisie - 'n platekontrak, blootstelling en die kans om musiek te maak en aan te bied op sy manier.

Lambert se debuut-album, For Your Entertainment, word vandag uitgereik. Die 27-jarige boorling van Kalifornië het met Reuters gepraat oor sy musiek, wat hy hoop en hoe sy lewe verander het.

Hoe sou jy die musiek op die album beskryf?
Ek dink daar is baie throwback elements daaraan. Daar is baie invloed van die 70's en 80's. Die eerste snit het 'n bietjie kitschy-ness daaraan. Maar For Your Entertainment het 'n baie huidige pop/dance met 'n soortvan T-Rex feel. Ek wou nie my rug draai op my voorliefde vir classic rock nie and en die gehoor sou dit ook nie waardeer het nie, want ek het meeste van my kredietwaardigheid gekry op Idol deur songs van daardie era te sing. (Maar) ek is mal oor commercial pop-musiek en ek wou iets kommersieel maak.

Dink jy daar is 'n gaping in die mark tans vir 'n glam rocker?
Ja. Daar is vroue wat dit doen, theatrical en 'n bietjie over the top. Lady Gaga, Pink, Christina Aguilera - hulle hou almal shows in die gees van Madonna, hulle dress up en skep 'n tema. Maar daar was nie vir geruime tyd 'n ou wat dit doen nie. In die 70's en 80's was daar baie kunstenaar wat dit gedoen het, maar vir een of ander rede het dit verdwyn.

Jy het reeds professionele sukses met musiekteater gehad en verskyn in Wicked en Hair, voordat jy oudisie gedoen het vir Idol. Waarom wou jy meer hê?
Ek wou meer betrokke gewees het in die skep van wat ek doen. Teater is 'n wonderlike kunsvorm, maar ek het nie baie bygedra tot dialoog, kostuums en staging nie. Ek wou my eie ding doen.

Die album-omslag het mense aan die praat. Hoekom het jy op daardie foto besluit?
Daardie foto het vir my baie treffend gelyk en soortvan wild. Ek het gedink ek lyk amper onmenslik. Dit was daardie hele David Bowie-Ziggy Stardust-ding waar jy dink hy is 'n alien. Dit is 'n weird beeld en ek het daarvan gehou dat dit weird was. Ek is weird.

Is jy werklik?
Ek is nice. Maar ek is weird. Miskien is eksentriek 'n beter woord. Ek sou daardie label verkies.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar