'n Ingelsman in Stellies

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Dit is ‘n harde lewe hier in Stellenbosch.

Die lug is te skoon, die karre raas nie hard genoeg nie en die paaie is groen geteer. Die afgelope paar dae was dit my plig om die platteland met next level beats te deurdring. Die proses was suksesvol en die meeste koeie op Jurgen se Musikant's Paradys is nou swanger. Ek het elk van die moeders ‘n gratis Die Heuwels Fantasties album belowe, sowel as ‘n uierverwarmer. What a guy.

Noudat my werk gedoen is, is Hun-tron Kennedy 3000 besig om ‘n baskitaar-oes gepas vir ‘n Pretoriaanse Koniklike Family voor te berei. He has the funk in his truck en geen genade nie.

Francois van Coke het die partytjie aangesluit om voor te berei vir sy akoestiese show saam met Pierre vanaand (Woensdag). Die oorspronklike "Joke-Face" wat hy is, het hy ons nie teleurgestel nie en almal vermaak met sy rugby charisma.

Ons het almal ons BlackBerry barcodes geskandeer en daarna het hy my vasgehou. Um, ongemaklik.

Dis dit vir nou, mense. Ek is lief vir julle uit die diepte van my Soutp**l.


 


 

Gebruikers Kommentaar (1)

  • SUN CITY dronkie-tronk-toe
    19 months ago
    Hahaha Phillip! Love hierdie inputs!
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar