Zelliefikasie: Hei! Hoezit, my bra?

  • 6
    like dit
  • 0
    like dit nie

Wat het van die wêreld geword dat ek nou hier sit en skryf oor die feit dat ons na mekaar verwys as onderklere?

Ja, jy't reg gehoor. Ons kom dit nie altyd agter nie, maar luister 'n bietjie of dié frase vir jou bekend klink: "Hei, bra!".
In die eerste plek weet ek ek ondersteun jou, hou jou styf vas, lig jou op wanneer jy af is en dat jou lewe sonder my pointless is. Maar regtig, ek is nie jou bra nie.

En in die tweede plek, ek het 'n naam, en ek verkies om dit te ­behou.
Of daai een wat baie van ons irriteer: "Hoezit, my china?"

Statistiek toon dat een uit elke vyf mense in die wêreld Chinees is, maar asseblief, my china, ek is nie een van hulle nie.
En wat het van die wêreld geword dat alle tieners manlik is?
Weereens kom ons dit nie agter nie, maar lui dít dalk 'n klokkie: "Hei, ou! Hoe gaan dit, boet/bru?"

Kyk, ek weet Adam is eerste geskape en dat die bekendste wetenskaplikes en presidente "ouens" was of is, én dat die beste sjefs ter wêreld na bewering "ouens" is, maar jitte, noem my op my naam, asseblief, ou.
En dit is erg genoeg dat jy my jou ou noem, so moet dit asseblief nie tien keer in een sin herhaal nie: "Jinne ou, toe val ek ou, jo, dit was seer ou . . . ou." Ek is nie familie van jou nie, nog minder jou "boet" en "bru". Het dit nie iets met bier te doen nie? Ek vra maar net.

En dan is daar die een wat my die meeste irriteer, die een wat ons almal al gehoor het: "Haai, jý!"
As jy my naam vergeet het, vra my net, ek gee nie om om my naam te herhaal nie. Maar asseblief, moenie met 'n skuldige, breë glimlag op jou gesig aangestap kom en my met tonne entoesiasme probeer oortuig jy ken my deur vir my te kom staan en sing "Haai, jy!" nie.

Wat het geword van die drie woorde wat perfek sin maak: "Hoe gaan dit?"
Hoekom gebruik ons dit nie meer nie? Deesdae is dit: "Hoezit?" 'n Zit is iets wat op ons gesigte verskyn weens stres, puberteit of te veel sjokolade. Moet ons asseblief nie vra "Hoezit?" nie, dit maak ons selfbewus.

Maar so gaan die lewe aan en so sal die taalgebruik van mense bly verander terwyl die MXit-taalrevolusie bly stoomroller.
Ek kan dit dus net sowel aangryp, nie waar nie?
So in die woorde van my medetieners. "Cheers, chinas. Geniet jou tienerlewe, my bra, en leef voluit . . . ou."

Lizelle Pistorius is 'n JJ. Sy is in gr. 10 in die Hoërskool Middelburg.

Gebruikers Kommentaar (2)

  • Grizelda
    18 months ago
    Wat jy daar se is so waar!! dit kan rerig op my spiere werk as iemand my OU voor en OU agter ...Hoor hier? Kan jy nie sien eks n meisie nie???? KOM BY!!!

  • 18 months ago
    Nice boet!
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar