Wurgspeletjies gewild onder tieners

  • 2
    like dit
  • 8
    like dit nie
Doen jy of iemand wat jy ken dit?

Al meer tieners neem deel aan 'n gevaarlike speletjie wat tot hul dood kan lei.

Die wurgspeletjie (alombekend as The Choking Game), is ook bekend as die "vyf minute van hemel"-speletjie en volgens 'n nuwe studie wat deur Sam Houston State University gedoen is, is dit wydverspreid onder tieners.

Dit kan alleen of in groepe gespeel word en behels dat die bloedvloei deur middel van verwurging van die brein afgesny word om só hoog te word.

Nagenoeg een in elke sewe tieners wat aan die studie deelgeneem het, het al aan wurgspeletjies deelgeneem.

Volgens een van die navorsers, Glen Kercher, is die studie gedoen om vas te stel wie dit speel, in watter konteks en hoe hulle daarvan gehoor het.

Onder die bevindinge van die studie tel:


- 16% van tieners het al aan die speletjie deelgeneem


- 72% het al meer as een keer dit gespeel


- 90% van diegene wat dit al gespeel het, het van dit by hul vriende gehoor

- Die gemiddelde ouderdom van tieners wat dit al gespeel het, is 14.

Kercher sê hulle hoop die navorsing sal ouers, skole en tieners waarsku oor die gevare van die speletjie.  - The Houstonian

Sien ook:
Dodelike speletjies


 


 

Gebruikers Kommentaar (15)

  • zelda groenewaldt
    20 days ago
    Wat 'n klomp k--! (Response edited by JIP)

  • 21 days ago
    Ek dink die meegaande kritiek is ietwat kras teenoor JIP. Die heel eerste sin van die artikel stipuleer duidelik: KAN TOT DOOD LEI! Enige kind wat dus ooit hiermee te doen kry sal twee keer dink, anders as wat hy met die speletjie gekonfronteer sou word sonder om te weet hoe gevaarlik dit is. Kinders wat hierdie artikel gelees het is nou deeglik bewus van hoe uiters gevaarlik dit is, en kan maats waarsku wat hul ophou met die speletjie. n Oningeligte kind, maak oningeligte besluite. Dis soos om n kind nooit van seks te vertel nie, in die hoop hy gaan nooit daai roete loop nie... As n kind weet hoe "exciting" ookal n ding mag klink, dat daar duur nagevolge is, wat selfs tot die dood kan lei, sal hul beter besluite kan neem oor dit waarmee hul hulself besig hou. Goed gedoen JIP, ons kinders moet weet hoe gevaarlik is dit waarmee hul hulself besighou!
  • Johan
    22 days ago
    Ansie, ek stem 110% saam met jou! Die res, tieners en selfs kinders word nou bewusgemaak hiervan- MAAR (en dis die groot "maar") hulle weet nie hoe dit werk nie! Wat's die kans dat hulle dit so maklik gaan uitvind sonder dat iemand in 'n regsposissie nie daarvan weet nie. Dit sal 'n "buz" begin skep en almal sal weet waaroor dit gaan. Iemand SAL 'n stokkie daarvoor steek.
  • Erich
    22 days ago
    Kan die persone wat hier kommentaar lewer, asseblief leer spel. "gedun" is nie 'n woord nie. Ek kry amper 'n hartaanval. Dit is omdat daar absoluut geen dissipline meer in skole is nie dat sulke snert sy kop uit steek.

  • 23 days ago
    ek weet nie of dit so goeie idee was om dit in die Jip te sit nie baie kinders lees en hou van die klein Jip koerantjie en luister rerig wat julle daarin te se het,en wat jule nou gedun het was net om die wat nog nooit van dit gehoor het nie net nog meer nuskurig te maak en om dit vir hulle vriende te vertel en dit dan te probeer speel.Volgende keur as jule so iets wil plaas doen dit in die Beeld koerant self geen kind lees dit nie!!!!!!!!!!!!!
Bladsy 1 van 3
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar