Wonder minder, gryp die lewe aan

  • 3
    like dit
  • 0
    like dit nie

Elke nou en dan ruil ek en my vriende random feite uit oor goed wat ons glad nie "vang" nie, goed waaroor ons wonder en goed wat doodgewoon vreemd is.

Ons het al 'n sê-ding vir sulke dae: "Donderdag is wonderdag" en van die goed waaroor ons op súlke wonderdae kop krap, is:



  • Hoekom, op Engels nou, park 'n mens in 'n driveway, maar drive jy in 'n parkway?

  • Hoekom het Tarzan nie 'n baard nie? Watter tak-swaaiende weirdo is dan nié harig nie?

  • As die woord "oct" agt beteken, soos byvoorbeeld in die Engelse woorde octopus en octagon, waarom is OCTober dan die tiende maand van die jaar en nie die agtste een nie?

  • Hoekom word woonstelle, veral in Amerika, "APARTments" genoem as hulle almal teenaan mekaar gebou is?

  • Hoekom is honde gek daarna om hul kop by 'n motorvenster uit te steek met die wind wat in hul gesig waai, maar haat hulle dit as iemand in hul gesig blaas?

  • Wie toets die hondekos as dit 'n "new and improved" smaak het?

  • Hoekom word die produkte wat infomercials as nutteloos afmaak, soos jou ma se doodgewone stofsuier, altyd in swart en wit gewys, maar is daar altyd 'n bak vrugte in die skote waarin hulle die super-alternatiewe produk in volkleur aan jou probeer afsmeer?

  • Hoekom kan 'n mens nie met oop oë nies nie?

  • Hoekom staan daar op sjampoebottels dat 'n mens dit nie moet insluk nie? Is daar regtig mense wat uitroep: "Ag nee! Dis my gunsteling-snack in die stort?"

  • Hoekom is daar aanwysings op 'n sjampoebottel oor hoe om jou hare te was? Hoe moeilik kan dit nou wees!

  • En dan is daar natuurlik die een ding waaroor almal altyd wonder en wat nie heeltemal so tong-in-die-kies is nie: "Waarom is die lewe so onregverdig?"


Jipper, soos met die meeste van die vrae hierbo, is dié een ook een van die lewe se geheimenisse wat ons seker nooit sal kan ontsyfer of verstaan nie.

Ek dink dis beter om eerder nie ons kop te breek oor goed waaroor ons geen beheer het nie, of vrae waarop daar doodeenvoudig nie reguit antwoorde is nie.

My en my vriende se "Donderdae-wonderdae" is dalk hope pret en kan ons ure lank besig hou, maar as ons élke dag so sou wonder, sou ons dalk later so begin stres oor dié onverklaarbare, weird wêreld waarin ons leef, dat ons nooit voluit sou lééf nie.
Nee wat, gryp die dag met albei hande aan, al weet niemand waar sy handvatsels of vatplek nou eintlik sit nie.

Lizelle is in gr. 11 aan die Hoërskool Middelburg in Mpumalanga en is een van JIP se JJ's.

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Liebe
    6 months ago
    Ek moet saamstem Lizelle. my wonderdae is nie sommer net donderdae nie, in fact, dis elke dag wat ek so 'n bietjie confused is en nie mooit weet wat party goed nou eintlik bedoel nie... Baie dankie vir jou blog, jy het 'n leka manier van skryf en ek geniet dit baie...
    :)
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar