Mars Riot, Sonder Spore en Anderkant die Maan is die topdrie Rockspaaider-deelnemers wat eersdaags in die eindstryd om JIP se Rockspaaider-kroon gewikkel gaan wees.
Ná talle inskrywings, klipharde uitdunne en duisende stemme begin die 10de Rockspaaider-eindronde Woensdag by Aardklop.
Van 15:00 kan jy by die Vodacom/ MK Bultfantasties-verhoog by die Senwespark-krieketstadion die topdrie in aksie sien.
Bly gerus sommer ook om die gaskunstenaar Naas Veld te sien optree.
Die wenner word ook Woensdag aangekondig en sal Saterdag om 11:45 weer op die MK Bultfantasties-verhoog besig wees om te rock.
Toegang tot Bultfantasties kos R80 op Dinsdag en R100 op Saterdag vir die hele dag se awesome shows.
Jy kan ook 'n weekkaartjie koop van R250.