Wes-Kaapse skolekrieket: Steyn se 100-tal stuur PRG-sege

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

WESTELIKE PROVINSIE

Bishops se o.19 A-krieketspan is verlede week behoorlik op sy knieë gedwing toe die Seunskool Wynberg 'n weghol-sege met 190 lopies oor hom behaal het.
Dalton Kannemeyer (92), Grant Edmeades (56) en Chad Fortune (5/30) was die Wynbergers wat Bishops so in 'n wurggreep vasgevat het.
P. Simetu (4/68) was al lid van die verloorspan wat sy sout werd was.

Uitslae van ander wedstryde:
o.19 A: HS Bellville k Bergvliet met 93 lopies: BELLVILLE 178 (Johannes van Dyk 33). BERGVLIET 85 (Jason Chirelle 54; Francois Botha 5/38).
D.F.Malan k Durbanville met 41 lopies: DFM 159/8, gesl. (Christoff Erasmus 45*; Jonty Basson 3/18). DURBANVILLE 118 (Morné Nortjé 4/26).
HS Tygerberg k Somerset-kollege met 3 paaltjies: SOMERSET-KOLLEGE 121 (C. Nel 33; Shane Grundling 4/30). TYGERBERG 122/7 (Thiart Bosman 30; N. Burke 3/28).



o.17 A: HS Bellville k Stellenberg met 3 lopies: BELLVILLE 111. STELLENBERG 108 (Gerrit Visser 5/7, Lawrence Botha 3/18).
HS Tygerberg k HTS Bellville met 5 paaltjies: HTSB 78 (Lachlan Leonard 3/7, Mark Ritter 3/14).
Strandfontein-klub k HS Tygerberg met 6 paaltjies: TYGERBERG 50. STRANDFONTEIN 51/4 (Francois de Jager 4/7).



o.15 A: Bishops k Wynberg met 8 lopies: BISHOPS 219 (P. Danckwerts 57, J. Campleman 47). WYNBERG 211 (K. Westwood 4/77).
HS Bellville k The Settlers met 298 lopies: BELLVILLE 334 (Sean Serrao 61, Louis Werth 61, Arno Toua 45, Roby Kapp 33; P. Morgan 4/40). THE SETTLERS 36 (Ruan Kapp 4/7).
HS Zandvliet k HS Tygerberg met 2 paaltjies: TYGERBERG 68 (Jody Goff 4/9). ZANDVLIET 69/8 (R. Samuels 36*; Nicol Jansen 3/9, Dewald Grobler 3/9).
Stellenberg k HS Bellville met 5 paaltjies: BELLVILLE 118/5, gesl. (B. Minnie 51*). STELLENBERG 119/5 (Matthew Duncan 31).
HS Tygerberg k D.F.Malan met 7 paaltjies: DFM 131/7, gesl. (Johan Wentzel 33). TYGERBERG 134/3 (Johann Mey 52*, Shane Grundling 36).



o.14 A: HSS Wynberg k Bishops met 3 Paaltjies: BISHOPS 110 (P. Russell 33). WYNBERG 111/7 (J.Lanser 4/23).
HS Bellville k HTS Bellville met 8 paaltjies: HTSB 100 (Darryl Saulse 59; Francois Lötter 4/15). BELLVILLE 101/2 (Jean Strydom 54*).
D.F. Malan en Edgemead gelykop: EDGEMEAD 118 (C.du Toit 4/22, B. Oliver 4/28). DFM 118 (B. Oliver 37; J. Truter 6/27).
HS Tygerberg k Somerset-kollege met 15 lopies: TYGERBERG 152/6, gesl. (Windsor van Vollenhoven, Sigi Painzcyk 34, Tyron Goddard 31). SOMERSET-KOLLEGE 137/9 (Binnie Stone 65; Tiaan Jacobs 5/21).
Stellenberg k De Kuilen met 38 lopies: STELLENBERG 90/7. DE KUILEN 52.
HS Tygerberg k Brackenfell met 19 lopies: TYGERBERG 91 (Wian Engelbrecht 3/9, Strydom Botha 3/14). BRACKENFELL 72 (Windsor van Vollenhoven 3/4, Dewald Erasmus 3/10).

BOLAND

Gys Steyn (141) se honderdtal het Paul Roos Gimnasium Saterdag onderweg na 'n sege oor die HS Hugenote in hul Bolandse Premier-krieketliga geplaas.
Die Stellenbossers, wat met 183 lopies geseëvier het, het vroeër ook met Worcester Gimnasium afgereken danksy uitstekende boulwerk deur Riyaad Henry (6/19).
Paarl-Gimnasium het sewepaaltjie-oorwinnings oor HS Strand sowel as Londense toerspan Huntingdon School behaal, terwyl HTS Drostdy oor heeltemal te veel skietgoed vir Hermanus beskik het en met 6 paaltjies gewen het.

Uitslae van ander wedstryde:
o.19 A: Paul Roos k Hugenote met 183 lopies:
PRG 292/4, gesl. (Gys Steyn 141, Dyllon Swanepoel 47, Lucas Roothman 45). HUGENOTE 109 (Dewald Botha 3/18).
Drostdy k Hermanus met 6 paaltjies: HERMANUS 156 (Cano Honneberg 44, Pierre Kriel 3l; Christiaan Geldenhuys 3/14, JP Matthee 3/28). DROSTDY 160/4 (Ivan Bartels 71*, Gerbrand Roets 52).
Paarl Gimnasium k Huntingdon School (Engeland) met 7 paaltjies: HUNTINGDON 187/9, gesl. PAARL GIM 188/3 (Gideon Conradie 82, Herman Redelinghuys 60*).
Hottentots-Holland k Overberg met 6 paaltjies: OVERBERG 101/8, gesl. (Gary-John Sylvester 3/33). HHH 102/4 (Jody Sylvester 43*).
HJS Paarl k Hugenote met 10 paaltjies: HUGENOTE 67 (J. Langenhoven 4/7, T. Pollard 3/8). HJSP 68/0.
Paul Roos k Worcester Gim met 28 lopies: PRG 109. WORCESTER GIM 81 (Riyaad Henry 6./19, Dewald Botha 3/6).
Paarl Gim k Strand met 7 paaltjies: STRAND 74 (Werner Vorster 3/14). PAARL GIM 76/3 (Willie Viljoen 46).
Hottentots-Holland k Cloetesville met 9 paaltjies: CLOETESVILLE 67 (Jody Sylvester 3/8, Darren Davies 3/16). HHH 70/1 (Jody Sylvester 36*).



o.15 A: Paul Roos k Vredenburg met 10 paaltjies: VREDENBURG 52 (Hustin Dill 6/18, Jason Worral 3/8). PRG 53/0.
Groenberg k Hottentots-Holland met 6 paaltjies: HHH 92 (T. Newman 3/20). GROENBERG 93/4 (P. Chelin 34).



o.14 A: Paul Roos k Strand met 428 lopies: PAUL ROOS 456/7, gesl. (Schoeman Botha 101*, Muller Brink 101*, Niel Botha 55, Tristan Kramer 50, Arnold Scholtz 49). STRAND 28 (Tristan Kramer 5/19).

SUIDWESTELIKE DISTRIKTE

Die o.19-krieketspan van die Hoërskool Outeniqua van George het Saterdag die vreugdevure hoog laat brand nadat hy die verdedigende liga-kampioen, Langenhoven Gimnasium, op sy tuisveld met 8 paaltjies verslaan het.
Langenhoven het eerste gekolf en is tot 148 lopies beperk, danksy puik boulwerk deur Gerrit Heyncke (4/31) en Riaan Botha (2/21). Brendon Louw (91* van 72 balle) het die Kwaggas gehelp om die wentelling reeds in die 26ste beurt aan te teken.
Met hierdie oorwinning het die Hoërskool Outeniqua sy sake weer in orde gekry nadat hy verlede jaar teen Gimnasium in die stof gebyt het.

Uitslae van ander wedstryde:
o.19 A: HS Punt k York High met 4 paaltjies: YORK 200/9 (Gerswin Sparks 28, Zane Shrosree 26, James Chauncey 26).
PUNT 201/6 (Curtly Kannemeyer 79*, Rudi van der Mescht 29, Linden Rhode 2/14).
Knysna Sportskool k Sentraal van Beaufort Wes met 194 lopies.
KNYSNA 293/3 (Willem Pietersen 130). SENTRAAL: 99.



o.15 A: Sentraal k Knysna Sportskool met 2 paaltjies. SENTRAAL 150 (Chaeron Grootboom 3/18, Urentzol van Reenen 4/20). KNYSNA 131/8 (Errol Martin 51, Chaeron Grootboom 22).
Langenhoven Gimnasium k HS Uniondale met 81 lopies. GIM 154/5. UNIONDALE: 73.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar