Is jy reg vir die Avontoer?
Afrika se grootste rock 'n roll toer, Die MK Avontoer, se aanslag op die kus begin eersdaags.
Vandag (Maandag) gee JIP en die MK Avontoer twee stelle dubbelkaartjies weg vir die gig in Stilbaai op 31 Desember.
As jy kaartjies wil wen, skryf HIER op ons Facebook-muur jou kontaknommer en een rede hoekom ons die kaartjies vir jou moet gee.
Die kompetisie eindig vandag 17:00.
Van die bands wat gaan optree sluit Van Coke Kartel, Zinkplaat, Die Tuindwergies, Holiday Murray, New Holland en The December Streets, die KONGOS, Ally Cats en Saintfearless in.
Gig details:
31 Desember
Groot Gees Rockfees VI, Stilbaai