Wen jou droomrok of -pak

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie
Jy kan na jou matriekafskeid ’n droomrok van J.J. Schoeman dra, soos dié een. Foto: Peter Morey

Droom jy al oor jou matriekafskeiduitrusting?

Een gelukkige matriek-meisie staan die kans om 'n matriekafskeid­rok ter waarde van sowat R15 000 te wen, en een ou kan 'n pak ter waarde van sowat R10 000 losslaan in die JIP en J.J. Schoeman Matriekafskeid-kompetisie.

Al wat jy hoef te doen, is om jou droomrok of -pak te ontwerp en die ontwerp op 10 of 11 Maart by die Beeld-Matriekafskeid-ekspo by Vodaworld in te dien.

Die mode-ontwerper J.J. Schoeman, wat al 'n paar keer vir Mej. Suid-Afrika-wenners loopplankrokke ontwerp het, sal dan sy gunsteling rok- en pakontwerp kies, die ontwerpe verfyn en die uitrustings ontwerp.


Vir meer inligting oor hoe om in te skryf en om die reëls te lees, kliek hier.


Om in te skryf, kliek hier.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar