Wen!

  • 29
    like dit
  • 4
    like dit nie

Jy droom van jou eie ryding en is moeg om van die ouers afhanklik te wees.
Dalk is die Score a Car-liefdadigheidskompetisie jou kaartjie na onafhanklikheid.

Hoe werk dit?

As jou skool wil deel wees van die opwindende geleentheid moet hy aanlyn gaan registreer voor of op 19 November 2010. Gaan kliek op www.scoreacar.co.za en vul die inskrywingsvorm asook die bestelvorm in, en die boekies met die raffle- kaartjies sal na jou skool gestuur word.


Jy moet dan jou sjarme en vernuf gebruik om kaartjies te verkoop; hoe meer jy verkoop hoe groter is jou kanse om te wen. Pryse sluit in ‘n Samsung Netbook-skootrekenaar, ‘n Samsung sellulêre foon, ‘n Ipod Nano, ‘n Playstation 3, geskenkbewyse van Edgars ter waarde van R5 000 én R5 000 in kontant.

Elke skool kan 70% van sy eie fondse hou en die ander 30% gaan aan St Martins kinderhuis; die Ford Figo gaan op ‘n gelukkige trekking weggegee word, dus staan lede van die publiek asook skoolleerlinge ‘n kans om die motor te wen.
Indien jy nie toegang het tot die internet nie, skakel die Score a Car toonbank by 079 224 3748.

Gebruikers Kommentaar (30)

  • Tamirin Mynhardt
    15 months ago
    Gaan daar nog n matriekafskeid foto kompitisie wees? ons afskeid was eers in oktober??
  • Gerald
    15 months ago
    Wanneer is die volgende kompitiesie weer!!!
  • Natasha
    15 months ago
    gaan daar nog n matriekafskeid foto kompitisie wees? ons afskeid was eers in oktober??
  • Linda
    15 months ago
    Dankie vir die inligting oor die matriekafskeidkompetisie. Wanneer begin die inskrywings vir die kompetisie weer ?
    Linda
  • Rozanne
    15 months ago
    Hallo almal. Let wel die matriekafskeidkompetisie se wenners is Junie aangekondig.
    Daar is nie tans 'n ander matriekafskeidkompetisie nie, ons gee net vir lesers die geleentheid om hul matriekafskeidfoto's in the stuur vir moontlike plasing in die bylaag of op die webwerf. Dit is egter nie 'n kompetisie nie. Foto's kan gestuur word na info@jip.co.za.
Bladsy 1 van 6
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar