Weez 'n rapper wat nie op die zef-trein klim nie

  • 6
    like dit
  • 0
    like dit nie
Weez is al 'n rapper van 2006.

Sy naam is Weez, hy is ’n rapper, maar nie van die zef soort nie. En hy het CLARISSA GROBLER meer van sy musiek vertel.

Jy het verlede jaar ’n song gedoen saam met een van die lede van Cypress Hill . . .
Cypress Hill het ’n kompetisie op MySpace gehad waar hulle op soek was na 20 nuwe artists om saam hulle ’n CD te record – The Harvest. Ek het my liedjie “Permanent damage” ingestuur. Hulle het my gekontak, en twee weke later was ek in Hollywood.
Ek en B-Real het “Step Back” opgeneem, Ons het selfs Dr Dre se kitaarspeler op die liedjie. Ek het saam die sterre gekuier, musiek gemaak en baie nuwe kontakte opgebou. Ek was ook ’n distribution deal aangebied deur Latin Thug records. Die trip het my baie geleer, en LA is definitief die plek om te wees as jy wil über famous word.

Wat dink jy van nuwe generasie rappers in Suid-Afrika?
Toe ek in 2006 begin het, was die scene baie anders. My eerste gig was in Newtown langs die Nelson Mandela-brug in Johannesburg.
Ek het baie kontakte opgebou en gesien cross marketing is the way to go in Suid-Afrika. Ek het begin gigs doen by house clubs en dit het goed gewerk.

Daar is min hiphop clubs in Suid-Afrika. Dis juis hoekom ek dinge doen soos my onlangse Supersport-advertensie waar ek rap oor die Bulls in Orlando.
Die scene het verander en ’n mens kan orals inkom.

Vir die nuwe rappers wat onlangs uit gekom het: Geniet die zef-trein terwyl jy kan, want dit gaan net soos Vernon Koekemoer wees oor ’n paar maande, net snaaks as jy dit een keer sien. Ek sal nooit my naam gat maak vir ’n paar YouTube hits nie. My musiek sal altyd op internasionale standaard bly.

Jy het ’n baie cool song saam met Mieder gedoen en ’n mens kan ook ’n YouTube-insetsel daaroor op MySpace kyk. Wat het julle laat besluit om die song saam te doen?
Dit is ons nuwe single, “Number One", ’n rock hip hop collaboration. Mieder doen die hoë note en ek die rap, soos Linkin Park en Jay Z se “Encore”. Ons werk baie lekker saam en gaan nog baie nuwe materiaal uit bring. Die woorde is baie inspiring: “Push till it burn, play till you win.”

Jy en jou neef maak albei musiek – het julle al ’n collab gedoen?
Ja, Gazelle “Xander Ferreira” het saam my groot geword, ons plase het gegrens. Nou is ek op stages in Amerika en hy in Europa. My album Permanent Damage wat einde Julie in winkels sal wees, het vier liedjies op saam met Gazelle, hy gebruik sy alias “The White Lion”. Ek is ook op sy album Chique Afrique op “Just now”, die video is tans op die lug in Europa.

Lady Lea het van jou tracks geremix – waar sal dit beskikbaar wees?
Ek en Lady Lea werk al lank saam. Haar nuwe album, Pioneer DJ, wat einde Junie uit kom het drie van my house remixes op. Ons gaan ook gigs saam doen.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar