Wees net jouself en ‘live a little’!

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Carien Smit

Sekere dinge in die lewe is meer aanvaarbaar as ander.

Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar dit sal nie juis deur 'n lewensafrigter goedgekeur word nie.
Dit is onmoontlik om by alles in te pas. En boonop is dit onregverdig om van individualiste te verwag om in te pas. Soms raak ek byvoorbeeld lus om spaghetti met 'n teelepel te eet. Nee, dit is nie normaal nie, maar wie gaan my keer?

As ek byvoorbeeld my eerste betaalstrokie wil laat raam, sal ek uit die samelewing geskors word tot verdere kennisgewing?
En wanneer ek nie lus het om my hare op Nasionale Haarwasdag te was nie, gaan die haarpolisie my in hegtenis neem en my radikale poniestert afsny?

En sê nou maar net ek verkies dat my kledingstukke - wat nié by die retro/ hippie/ kitsch-neigings inpas nie - moet onder my knieë hang en nié onder my lies nie?
Wat sal gebeur as my tjorrie nie elke week 'n skuimbad kry en blink soos die glitter in my kleuterskooltaak nie?
Miskien het ek lus om elke warm dag 'n koel roomys by Steers te koop. Wat dan?

En laastens: Is daar iets mee verkeerd om nie 30 klasse per week te wil hê nie?

Absoluut niks nie.
So what as ek van Bollywood-flieks hou en nie agt glase water per dag drink nie. So what as ek nie my naweek-aktiwiteite op Facebook uitblaker nie.

SO WHAT as ek daarvan hou om retoriese vrae te vra, in hoofletters te tik en om my taal te meng. Ek is wie ek is. Ek sal nooit verander nie.

Hou op om so stuck up deur die lewe gaan. Live a little! Die lewe is te kort om dit op dinge te mors wat jy nie geniet nie. Wees uniek en wees jouself. Anders gaan jy eendag op die tehuis vir bejaardes se stoep sit en vra: "Wie is ek en wat het ek met my lewe aangevang?"

Gebruikers Kommentaar (1)

  • Simoné Strydom
    7 months ago
    Ek stem absoluut saam met jou! lewe is te kort om 'hang-ups' te he oor wat mense dink en soos jy se 'live a little' raak onstlae van die dinge wat jy nie geniet nie voor jy terug kyk en jou lewe gemis het !! dankie vir die goeie brief
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar