Wat gebeur met jou Twitter as jy sterf?

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Volg JIPcoza op Twitter!

Die sosiale netwerk Twitter het onlangs sy beleid oor hoe om met die sterftes van Twitter-gebruikers te werke te gaan, bekendgemaak.


Volgens Twitter kan familie en vriende van ‘n oorledene nou aanvra dat die persoon se profiel verwyder word mits die regte vorms ingevul word.


Saam met die aanvraag moet die persoon se volle name en van, kontak besonderhede en hul verwantskap tot die persoon ingedien word.


Die persoon se gebruikersnaam of ‘n skakel tot sy Twitter-blad moet ook ingesluit word.


Laastens moet daar ook ‘n amptelik doodsberig of nuusartikel wat oor die persoon se dood handel, ingesluit word, berig Nuus24.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar