Wat gaan aan onder tieners se lakens.

  • 19
    like dit
  • 2
    like dit nie
JIP het 'n paar vrae gevra aan lukrake tieners oor seks. Die volgende vrae is aan hulle gestel:

1. Is jy seksueel aktief?

Tiener A: Nee

B: Uuhmmmm, maybe lol. NEE flip, ek is nie!

C: Nee

2. Weet jy van jou klasmaats wat is en hoe het jy uitgevind?

A: Ja, hulle het vir my gesê.

B: Uhm, ja ek weet wie van my klasmaats is. En hulle het my straight gesê.
C: Ja, hulle het dit vir my gesê.


3. Is dit aanvaarbaar in jul vriendekring?

A: Nee, nie eintlik nie.

B: Wel, dit gaan nie oor of dit aanvaarbaar is volgends jou vriende nie. Dit gaan oor jouself. So, as die persoon voel dis vir hom aanvaarbaar, then great stuff. Ons kan nie vir hom sê om NIE seksueel aktief te wees NIE?
C: Ek sal nie my vriende kritiseer op grond van hul besluite nie, dis 'n persoonlike ding.


4. Waar trek jy die lyn, persoonlik?

A: 3rd base

B: Tot waar ek of die meisie gemaklik, en nie ongemaklik voel nie.
C: Ek weet waar om te stop en ek sal nie iets doen waaroor ek later sal spyt wees nie.


5. Kondome of die pil (ouens jul meisies)? Wat sal jy aanbeveel vir jou vriend wat wel seks het?

A: Albei, dis veiliger.

B: Kondome! Maar kondome + die pil is jy vir seker veilig. As daar dan iets gebeur kan ek net vir hom "ugly" sê.
C: Ek verkies die pil, vir my meisie.


6. Is jy bang vir ‘n tienerswangerskap/MIV/vigs?

A: Meer vir swangerskap.

B: Heck ja! Amper van my stoel af geval net toe ek die vraag sien.

C: Ek is bang vir vigs.


7. Ken jy enige seksspeletjies waarby jy al gehoor het of by betrek was?

A: (lag) Nee

B: Nope

C: Nee


8. Sal jy jou vriendin/vriend wat seksueel aktief is, veroordeel of mooi met haar/hom gesels.

A: Ja, my persoonlik welsyn sê seks is nie reg as jy nog op skool is nie. Ek sal hierdie boodskap met almal wil deel.

B: Nee, jy kan nie iemand veroordeel oor hy seksueel aktief is nie, alles gaan nie oor seks nie. Dis feite.

C: My vriende kan seksueel aktief wees, maar wanneer ek weet hulle misbruik dit sal ek met hulle praat. Dit is hul persoonlike keuse.

9. Het ‘n ou al vir jou gesê dat as jy my liefhet sal jy by my slaap? Ouens gebruik jul dit self?

A: Ja, maar hy was nie my ou nie. dis die cornyste ding om ooit te sê.

B: Nee, ek sal dit nie gebruik ooit nie. Dis onredelik teenoor 'n meisie.
C: Nee, dis belaglik.


10. Dink jy steeds dat daar ‘n stigma kleef aan girls wat jonk al seksueel aktief is? Ouens is dit vir julle cool maw. ‘n sport
soos Ashtray sê?

A: Ja, meisies wat jonk seksueel aktief is, word gewoonlik 'n slet genoem.

B: Nee, dis nie cool nie en dis ook nie 'n sport nie. En as dit 'n sport is, is dit verseker nie 'n cool sport nie. Maar dis 'n cool song Ashtray Electric.
C: Eek dink nie die stigma kleef aan die ouderdom nie. maar eerder die hoeveelheid ouens waarmee sy slaap. 

Lees meer hier.

Gebruikers Kommentaar (20)

  • Andre Smith
    2 months ago
    Dit is beter om eers seker te maak dat daar nie enige siektes by beide van julle is nie en ook moet nie jou ouers teleurstel deur seks te he op n vroee ouder dom nie,want die spreuk woord se altyd spyt kom te laat.

  • 2 months ago
    Ek is vandag n` 37 jarige ma van 2 dogters, hulle is natuurlik my lewe. Maar ek het ook op n` jong ouderdom begin, ek was 16 en is regtig baie spyt daaroor. As mens so jonk is weet mens nie regtig waaroor dit gaan nie en doen mens dit net omdat jy dink dit sal die ou by jou hou en dat hy lief is vir jou, Verkeerd. Seun gebruik girls net vir een ding en op die ou einde het jy n` slegte reputasie en dink almal jy is goedkoop. So moet asb nie dieselfde fout as ek maak en vele ander maak nie. Mens is net eenkeer jonk, geniet die lewe.

  • 7 months ago
    Reg so ek sal op 40 seks he. klink oud genoeg

  • 15 months ago
    Ek het nie seks op skool gehad nie, maar wel na skool. ek is vandag baie spyt. soos moefi se, jy vat al daardie voriges saam met jou in die huwelik. NOT NICE. as ek als kon oordoen, sou ek beslis gewag het.
  • moefi:)
    15 months ago
    jy weet nie wat jy weet nie, omdat jy nie weet wat jy nie weet nie. Om seksueel aktief te wees so jonk kompliseer jou lewe EK WEET! dink voor jy doen, die dag as jy trou vat jy al jou vorige bedmaats saam in jou huwelik. Dis dinge wat on-omkeerbaar is. Jy kry elke dag die geleentheid om van vooraf NUUT te begin. Skryf jou ou eie lewensverhaal sonder 'n gevroetel onder die lakens.
Bladsy 1 van 4
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar