Wat as?

  • 2
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Lené Mostert

Ouma: " Wikus, het jy toe aansoek gedoen vir mediese skool?"
"Nee ouma!" antwoord Wikus met ‘n hartseer stem.
"Hoekom dan nie liefie? Dis mos jou grootste droom om eendag ‘n dokter te wees," wil ouma dadelik weet.
"Ek het net gedink, wat as ek nie goedgekeur word nie?"


Ek glo sterk mense wat twyfel in hulself en altyd eers wonder 'wat as alles ‘n flop is', se drome word nie waar nie. ‘n Droom is ‘n wonderlike ding en jy moet dit aangryp met albei hande. Baie keer word die geleentheid nie net voor jou deur gegooi nie, maar jy moet dit vir jouself skep. Dis baie dat sommige mense se drome so maklik waar word, maar jy moet so hard probeer en dan val jy nog die heeltyd ook. Jou droom is dalk om mej.Suid-Afrika te wees, maar jy is so bang die keurders lag vir jou foto's.


Hoe gaan jy ooit weet as jy nie probeer nie. Dink eerder so daaraan: Wat as ek kon wen?
Daar is nie ‘n beter gevoel as die oomblik wanneer jy hoor jou droom het waar geword nie. As die seremoniemeester aankondig: "Ons mej.Suid-Afrika van 2020 is jy!!!" Die trane van blydskap sal loop. Op die ou end van die dag was dit al jou harde werk werd.


‘n Vriendin het een keer vir my gesê: "Lené, asseblief tog, ek is keelvol vir jou patetiese 'wat as'-praatjies. As jy iets in jou lewe wil bereik hou op wat as, wat as, wat as en begin glo in jouself!" As ek kyk waar ek vandag in my lewe staan sal ek my vriendin altyd dankbaar wees vir die wyse woorde! So as jy val staan op en probeer tot jou droom bewaarheid is!


 

Gebruikers Kommentaar (6)

  • peet
    9 months ago
    jys great eks mal oor jou
  • Marlize Alberts
    11 months ago
    So trots op jou! Baie geluk met die oulike inspirerende stukkie! Jy gaan nog hoe hoogtes bereik! Liefi jou...
  • Lené
    11 months ago
    Johan... Dankie dat die artikel vir jou so baie beteken het... dit het my gemotiveer. Ek hoop die volgende paar weke gaan amazing wees!
  • 209000236
    11 months ago
    Johan... Ek dra die artikel op aan jou! Jy't my gemotiveer, omdat dit so baie vir jou beteken het! Ek hoop die volgende paar weke gaan amazing wees!
  • Lené
    11 months ago
    Johan... Ek dra die artikel op aan jou! Jy het my gemotiveer vir die skryf! Ek hoop die volgende weke wat vir jou voorlê is amazing!
Bladsy 1 van 2
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar