Was jy by Up the Creek?

  • 1
    like dit
  • 0
    like dit nie

Toemaar, Raka-unplugged rockfees is die naweek op Swellendam en die fees gee jou 'n 2de kans om in die water te plas.

Musikante sluit in Albert Frost & Gerald Clark, Tidal Waves, Ryno Velvet, Mr Cat & The Jackal, Zinkplaat, No One's Arc, Hot Water, Baarmoedergevoel, The Pretty Blue Guns, Gary Thomas, Thomas Crane en vele meer. Vir die moontlike Valentynsdag/Sondag-blues op 14 Februarie het RAKA ook net die ding: Bassondag - 'n Blues All Stars-samewerking onder aanstigting van die legendariese blues-kitaarman Basson Laubscher.


Kaartjies is beskikbaar by Computicket, asook by die fees se ingang, teen die volgende pryse:
Vooraf: R250 / Hek: R300 (sluit kampeerplek in).
Dagkaartjies vir Bassondag: R100 (sonder kampeerplek).
Kinders o/12: gratis toegang.
SPESIALE AANBIEDING: Koop kaartjies voor 15 Januarie 2009 teen slegs R200 pp!


Volledige programme, aanwysings en meer inligting is beskikbaar op www.dpk.co.za / www.kambati.co.za, of skakel 021 880 1807 (DPK) / 072 357 1131 (Kam'Bati). Aansoeke vir stalletjies is beskikbaar deur www.dpk.co.za of by alette@dpk.co.za / 082 854 9109.



Gebruikers Kommentaar (1)

  • Bluesbroer
    6 months ago
    Up the Creek was baie awesome. In die rivier le op die lilo en bands kyk is shit. Gaan definitief volgende jaar weer. Hierdie keer n lilo vir my bier ook kry.
Bladsy 1 van 1
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar