Waar is die liefde?

  • 5
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Henri Brummer

Ek wonder deesdae, in hierdie tye (eksamentye), tye waar wonder nie juis aangespoor word of bewonder word nie, maar eerder afgejou word.

Ek wonder deesdae oor baie dinge, ek wonder hoe ons ouers grootgeword het en of sukses werklik belangrik is ensovoorts. Maar die kwessie wat moontlik deur een of ander bo-ruimtelike wese (waarskynlik nie E.T nie) vandag op my hart gelê is, is liefde.

Waar sal ek begin?

Musiek. Musiek beskryf liefde seker die beste, love songs, where is the love-songs, byna alles handel vandag oor liefde, van meer kommersiele "musiek" soos Nicholas Blou en Turd Darren, hoewel ek hulle nie judge nie, want die punt van hierdie skryfstuk is om liefde te behou en ek moet bieg as hulle die boodskap van liefde kan versprei, by all means, doen so.

Dan op die ander punt van die skaal, het jy mense wat nie daaroor geworry het om 'n voicemail ná die beep te los nie, en mense wat nie sy meisie Loftus toe sou vat om haar te met ‘n bottel champagne te verras nie. Mense soos Frank Sinatra, John Lennon, Breyten Breytenbach (ek weet hy't nie gesing nie, maar dit tel steeds), die lys gaan net aan.

Blykbaar het liefde ‘n major rol gespeel in die lewens van die wat voor ons gelewe het. Maar deesdae het die trant van hierdie musiek verander, nie na anti-liefde nie maar eerder na waar is die liefde. Die swart-oog-ertjies wonder daaroor, The Darkness beskryf dit as net 'n gevoel, en ek is seker hierdie vrae pop ook soms in Metallica se koppe op.

So musiek het my aan die wonder gekry ... waar is die liefde? Het ons dit iewers vergeet tussen 1980 en 2000, het Y2K in plaas van die wêreld, slegs liefde vernietig? Of kruip dit dalk net in die diepste kamers van die tiener hart rond? Ek weet nie.

Maar wat ek wel weet, is dat ‘n tekort aan liefde besig is om die mensdom se leefstyl geweldig aan te pas. Ons is stelselmatig besig met de-evolution, ons is besig om terug te keer na ons dierlike vorms toe, in die sin dat al wat ons (seker meer mans as vrouens) deesdae wil hê, hetsy in ‘n verhouding of slegs in die algemeen, is seks, kos en geld.

Okei, ons bly in Suid-Afrika en die meerderheid van die mense wat hierdie sal lees is Afrikaans en wit (sorry for all the english readers) en dit beteken dus dat ons opgesom kan word as skeinheiligheid sentraal. Hierdie is egter die voordeel wat ons, bo die res van die liefdesverwyderde wêreld het, want sien in ons samelewing werk dinge ‘n bietjie anders: Ons ouers is konserwatief, en ons word nie op so ‘n groot skaal blootgestel aan die harde wêreld daar buite nie. Ons wil nie rêgtig grootword om ruthless besigheidsmanne met baie geld en meer vyande word nie, die kleuters wil steeds boere, fighterpilots of brandweermanne word, en klein (en groot) meisies droom steeds van die groot dag wanneer hulle in die kerkgang sal afstap.

So, ek het die eindpunt bereik. In ‘n wêreld waar seks verkoop, mammon gedien word en Macdonalds besig is om in plekke soos Pofadder op te spring. Is daar net ‘n sekere aantal mense wat die wêreld kan wys dat liefde nie oorlede is nie, om hulle te wys dat ons dit gekry het. So dink aan jouself as ‘n superhero, en in ‘n donker wêreld is dit jou werk om liefde te red en te versprei.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar