"Vrede my vriend"

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Album: Vredefest Elektro
 
"The whole idea of this compilation came about when Herman played us his remix of Hyg Duiwel. This is how we will remember him. Balls to the wall. Vrede my vriend." - Hunter & Pierre (Die Heuwels Fantasties)

Met die woorde in die CD-omslag van Vredefest Elektro besef jy dat daar meer agter die album skuil as bloot 'n cool cover en 16 supercool snitte.

Die eerste, 'n remix van DHF se Hyg Duiwel, is deur die oorlede MK-celeb Herman Pretorius self ge-remix, en die hele album as projek het 'n sterk band met die Vrede Foundation vir jong mense met kanker.

As geheel is die album heerlik. Name soos Gazelle, Jack Parow, Die Antwoord, Kid­of­doom en Jax Panik laat 'n mens se mond lekker water wanneer jy die CD in jou hande vashou.

Gunstelinge soos Cooler as Ekke (Jack Parow), Enter the Ninja (Die Antwoord) en Lark se Moonlight is bederf vir jou ore.

Dit is 'n heerlike kompilasie wat beslis 'n plek op jou CD-rak verdien.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar