Voel jy werklik mondig op 18?

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Uiteindlik breek my groot dag toe aan.

Die dag warvoor enige tiener wag, net om te kan sê jy is wettig. Natuurlik praat ek van jou 18de verjaarsdag, maar is dit werklik so wonderlik of is dit bloot net nog 'n verjaarsdag.


Aangesien 18 nou die nuwe mondig is, het ek baie verwag. Tog toe ek die oggend van my verjaarsdag opgestaan het, het ek nog pure kind gevoel. Ja, saam met 18 kom al die lekker dinge van die lewe, maar ook die groot verantwoordelikhede.


As jy 18 word kan jy wettig drink, 'n rybewys kry (as jy gelukkig genoeg is), stem en nog vele meer. Maar jou keuses word groter. Jy is nou 'n mini-grootmens.


Saam met die woord mondig kom gewoontlik die gedagte van onafhanklikheid en dat jy nou 'n grootmens is. Wel, ek dink die een wat gesê het 18 is die nuwe mondig was seker al blou jare terug 21 gewees. Ek voel alles behalwe mondig, want hier sit ek steeds saam Mamma en Pappa in die huis, sonder 'n motor, boonop nog in skool en om alles te kroon, steeds 'n tiener!


Binne 15 minute van 18 wees het ek dit alles besef en nou dink ek defnitief nie meer ek is die kat se snorbaarde nie.


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar