Vakansie...

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Linda Marais

As jy die woord "vakansie" hoor, wat dink jy?

Ek dink: laat slaap, heeldag in jou pj's rondloop, wakker wees wanneer jy wil, koek bak, kuier tot jou stories begin herhaal, lui wees en al die takies en drome inhaal wat kwartaalliks opsy geskuif word. Vakansie is ‘n bietjie selftyd, want in die kwartaal is daar net almaltyd en jy het dit immers verdien om lui te wees, het jy nie? Vakansie is die hoogtepunt van die kwartaal!


Ons geniet vakansies en sien gewoonlik so baie daarna uit. Dalk is dit omdat ons almal eintlik ‘n aangeleerde afkeur van werk het en van enigiets anders wat moeite en inspanning verg. Ons almal hardloop na naweke en vakansies, soos na die lang naweek / mini vakansie.


Ten spyte van die ideale idee van vakansie is die volgende ongelukkig van toepassing: ‘n Vakansie is maar net ‘n verandering van werk. Daar is geen vroeg-oggendklasse by die skool nie maar onderwysers sien vakansies en langnaweke graag en gereeld as ‘n tyd vir take. Hulle versuur jou huiswerkboek met sperdatums en jou opgewondenheid oor lui-wees, verbrokkel met elke "Die taak is vir die soveelste" en "Julle skryf na die langnaweek toets oor...". Vakansiedae dien dan as ‘wonderlike' ekstra-klas geleenthede en tyd om alles in te haal wat skoolwerk aanbetref!


Met hierdie kwartaal wat so besaai is met vakansiedae, maak ons die opoffering om bv. daagliks ‘n uur langer skool te hê, sodat ons ‘n 11-dag vakansietjie in die middel van die kwartaal kan geniet. Hopelik is dit meer as die moeite werd, want om al hierdie ekstra werk te doen is ‘n rowwe enetjie.


Snaaks hoe ons dan eintlik meer werk om minder te werk, is dit nie? Ongeag, vakansie bly fantasties! Geniet dit, dis ‘n klein bietjie bederf en strekte vir kwartaal 2.2 en al sy agterstallige huiswerk, want ons almal weet: ". . . maar mnr. dit was vakansie. . ."


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar