Hierdie Wes-Kaapse meisies was lede van die Suid-Afrikaanse hokkie-jeugspan (o.18) wat aan die nasionale o.21-toernooi in Pietermaritzburg deelgeneem het.
Altesaam 12 spanne was betrokke.
In die jeugspan se eerste rondes het hulle met Noord-Gauteng, die KwaZulu-Natal-Middellande, die Oostelike Provinsie en die Gauteng-Witsies afgereken. Net Noordwes was tot in daardie stadium hul meerdere.
Maar in die uitspeelstryd om die derde en die vierde plek het hulle met 0-2 teen Suid-Gauteng die knie gebuig.
Van links staan Suléke Brand (Paarl Gim, o.kapt.), Blanche Aaron (HMS Paarl), Amy Freakes (Ikeys, kaptein), Tracey-Leigh Petersen (Bellville) en Liné Malan (Paarl Gim). Hul afrigter was Andi Bernstein van die Maties.