Op die kaart dui die donkergroen die gelukkigste gemoedere aan en die rooi die minste.
Reuters berig dat miljoene Twitter-boodskappe deur navorsers by die Northeastern University in Boston gebruik is om 'n Twitter-gemoedskaart te skep.
Daarvolgens het die navorsers bepaal dat mense op hul gelukkigste is in die oggend en in die aand en op Sondaeoggende. Op 'n Donderdagaand is hulle nie so gelukkig nie, en gemoedere is veral laag in die middag.
Glad nie verbasend nie is dat mense gelukkiger op naweke is. Die navorsers erken egter dat hul bevindinge nou nie vreeslik wetenskaplik is nie, veral omdat Twitter-gebruikers slegs 'n klein deel van die bevolking verteenwoordig.
Sien ook:
Tweet van die toilet