Volgens die webwerf mashable.com gebruik ons sosiale netwerke soos Twitter en Facebook van die oggend tot die aand – selfs van die toilet!
Dit volgens 'n studie wat deur Retrevo gedoen is.
Luidens die studie check mense selfs hul Facebook en Twitter-profiele wanneer hulle miskien in die middel van die nag wakker word. iPhone-gebruikers was glo die mees sosiaal en was diegene wat die meeste aan hul sosiale netwerk gekoppel is, onder 25.
Enkele ander statistiek van die studie sluit in:
- 12% van die deelnemers het elke paar uur hul Facebook-blad gecheck.
- 56% het Facebook ten minste een keer per dag gebruik.
- 25% van die deelnemers gebruik die netwerke terwyl hulle op die toilet is.
Lees die volledige berig hier.