Al te fraai...Foto: Reuters
Angelina Jolie het laat val dat sy dalk in die nabye toekoms met Brad Pitt gaan afhak.
Alhoewel die paartjie, wat sedert 2005 bymekaar is, nog nie ernstig daaroor gedink het om te trou nie, voel Jolie dit is iets spesiaals om iemand se vrou te wees.
Jolie, wie tans ses kinders, Maddox (8), Zahara (5), Pax (6), Shiloh (4) en die tweejarige tweeling, Knox en Vivienne saam met Brad grootmaak sê sy dink om te trou is ‘n wonderlike ding omdat sy dit al twee keer vantevore probeer het, maar nog nie gevoel om dit weer te doen nie.
"Ons het reeds die grootste verbintenis met mekaar gemaak en dit is om ‘n familie saam te hê.- Nuus24