Huisgenoot het die groot sterre van die Afrikaanse musiekwêreld Dinsdagaand vereer met die aankondiging van die Huisgenoot-Tempo-wenners vir 2010.
Net albums en musiekvideo's wat tussen 1 Mei 2009 en 30 April 2010 in die handel uitgereik is, het tydens die beoordelingsproses in aanmerking gekom.
Die Tempo-eerbewyse, waar Nicholis Louw as die gewildste manlike kunstenaar en Juanita du Plessis as die gewildste vroulike kunstenaar aangewys is, is die belangrikste toekenningsplegtigheid vir die Afrikaanse musiekbedryf.
By hierdie geleentheid is die wenners van vanjaar se Huisgenoot-Liedjieskryfkompetisie ook aangekondig. Die doel hiervan is om nuwe liedjieskryftalent in Afrikaans te ontgin.
Die wenners is:
Alternatiewe musiekvideo van die jaar saam met MK: Jan Blohm - 7 Jaar
DVD van die jaar: Juanita du Plessis - 10 Jaar Platinumtreffers
Musiekvideo van die jaar met kykNET: Lianie May - Toe Stop My Hart
Gewildste gospelalbum: Romanz - Ek Sal Getuig
Gewildste humor- / komedie-album: Sorina - Hoezit My Tjomma
Gewildste kindermusiekalbum: Carike Keuzenkamp - Carike en Ghoempie
Gewildste kontemporêre album: Rudi en Corlea - Drome
Gewildste kopskuifalbum: Willim Welsyn - Maanplaas
Gewildste popalbum: Bobby van Jaarsveld - Net vir Jou
Gewildste rockalbum: Jan Blohm - 7 Jaar
Gewildste sokkie- of dansalbum: Kurt Darren - Die Beste Medisyne
Gewildste tradisionele musiekalbum: Die Penkoppe - Jeug-erfenis
Gewildste nuweling: Rudi en Corlea - Ons Lieflinge/Our Darlings
Gewildste manlike kunstenaar: Nicholis Louw
Gewildste vroulike kunstenaar: Juanita du Plessis
Gewildste liedjie: Bobby van Jaarsveld - Spieëltjie
Topverkoper van die jaar: Bok van Blerk - Afrikanerhart
Huisgenoot-Liedjieskryfwenners:
Musiek- en liriekwenner: Nikka - Baby, Baby, Baby
Musiek- en liriekwenner (2de plek): Waldo Greeff - Is Dit Jy?
Musiek- en liriekwenner (3de plek): Martiens Joubert - Bakgatboogie
Leserskeuse: Waldo Greeff - Is Dit Jy?
Liriek: Dave Lubbe - Rietfontein
- Nuus24