Mede-Jippers, ek sit hier en peins oor die vraag: Wat sou die wêreld wees sonder musiek?
Die meeste van julle dink nou seker "ja, jinne". Maar het jy al ooit regtig gedink hoe die lewe sonder musiek sou wees?
Mense, veral tieners, luister musiek soms wanneer hulle hartseer is. Musiek is vir hulle soos 'n wegbreekkans. Berthold Auerbach het gesê musiek was die siel skoon van alle ellende.
Hoeveel van julle het al uit 'n lang liefdesverhouding gekom, en dan gaan huil jy maar by jou vriende en hulle troos jou met kalmerende woorde soos: "Toemaar ou, ons het haar anyway nie ge-like nie" of "Toemaar, daar is baie visse in die see"?
Maar sommige tieners het nie sulke ondersteuning nie, of verkies om dit net nie met iemand te deel nie en vind eerder vertroosting in musiek.
Mense sien musiek as 'n uitkoms om van hul probleme te vergeet. Musiek kan jou kalmeer, rustig maak en kan jou selfs so bietjie op-cheer.
Die komponis Michael Torke het gesê: "Why waste money on psychotherapy when you can listen to music."
Die goeie nuus is natuurlik dat die wêreld vol musiek is, en jy kan eenvoudig vat soveel as wat jy wil hê. "Take a music bath once or twice a week for a few seasons. You will find it is to the soul what a water bath is to the body." - Oliver Wendell Holmes.
Musiek in ons lewe kan nie net vertroosting bied nie, maar kan jou ook op-psyche, veral vroegoggend.
Komaan, moet nou nie jok nie.
Jy weet jy sit jou radio ofiPod kliphard in jou kamer aan. Met jou oversized pajamas aan sing, dans en spring jy ook soos 'n mal ding op die liedjie "I'm walking on sunshine!"
Erken dit. Sommige van ons doen ook die "air guitar move" terwyl jy sê: "Slappin da base". Jy weet waarvan ek praat. En as jy nou dink: "Pffff! Nee? Ek doen dit nie!" Dan doen jy dit in jou kar, of jy jok. As daar nie musiek in die wêreld was nie, hoeveel meer vervelige dae sou daar gewees het?
Musiek sê wie jy is. Mense vorm soms 'n mening oor jou, na aanleiding van die musiek wat jy luister. Rustige mense hou dalk meer van klassieke musiek, klassieke rock of selfs jazz, maar uitgesproke mense kan dalk meer van pop of rock.
Onthou, musiek is oral, luister net. Die lewe is 'n lied, sit dus aan jou musiek.
Robert Fripp het gesê: "Music is the wine that fills the cup of silence".
Kom ons word dronk op musiek!