Tiener-verkenners terug uit Kanada

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Mikhayla Bader (links) en Henko Roukema (regs) by die avonturier Mike Horn.

Twee Suid-Afrikaners wat onlangs saam met die ontdekkingsreisiger Mike Horn op die ekspedisie-seilboot Pangaea Noord-Kanada se natuurskoon verken het, is terug.

Henko Roukema (18)
van Durbanville en Mikhayla Bader (17) van Pretoria het oor die internet 'n reeks vrae beantwoord en video's van hulself gemaak om aansoek te doen om as "jong verkenners" aan die ekspedisie deel te neem.

Hulle was twee van agt jong verkenners van onder meer Duitsland, China, Pole, Oostenryk en Switserland. Die groep is gekies om onder meer die Arktiese gletsers en die unieke plant- en dierelewe van die Nunavut-streek van Noord-Kanada saam met Horn te verken.

Hulle het op die Pangaea ysige temperature, stormsterk winde en rowwe seetoestande getrotseer. Hulle het selfs 'n nag 200 m bo die grond teen 'n rotshang deurgebring.


"Ons het regstreeks die negatiewe effekte van aardverhitting en die strooi van rommel op die Arktiese omgewing gesien. Ons het elkeen nou 'n persoonlike verbintenis met dié streek en sal alles in ons vermoë doen om dit te beskerm," het Mikhayla gesê

Henko, wat maritieme studies aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie studeer, het gesê om self te sien hoe die gletsers smelt het ook op hom 'n groot indruk gemaak.

Me. Cornelia Lukas van die ekspedisiegroep het gesê die doel is om jong mense aan die planeet se natuurskoon bloot te stel sodat hulle by die bewaring daarvan betrokke sal raak.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar