Volgens 'n onlangse opname verkies tieners eerder die "ritme-metode" as 'n voorbehoedmaatreël tydens seks, as kondome.
Die bevindinge van die opname, wat in die VSA gedoen is, is grootliks dieselfde as die van die 2002-opname. Daar is egter enkele punte van uitsondering, waaronder die toename tot 17% in die hoeveelheid tieners wat die riskante "ritme-metode" as voorbehoedmaatreël verkies. Die metode behels dat seks vermy word op dae wat die meisie vrugbaar is. Dit is egter 25% van die tyd onsuksesvol.
Die opname het ook bevind dat tieners dink dit is okei om 'n enkelma te wees. Die tieners wat aan die opname deelgeneem het was tussen 15 en 19 jaar oud. - Health24
Sien ook:
JIP loer onder die lakens