Tieners vasgevang in vandag se karakters-tegnologie

  • 3
    like dit
  • 1
    like dit nie

Die dubbelsinnigheid van die lewe kom al van Jan Rap en sy maat se tyd af.

In daardie era was alles wat verspot was iets bo-natuurlik.Mense se denkwyse was anders en hulle kon op hulle tone dink , want daar was nie iets soos masjienerie wat jou kan manipuleer nie.


Elke minuut draai die aarde en so draai ons lewe.

Ons beplan ons dag en nag teen tyd en so raak dit makliker elke minuut. Ons, as mense, raak so gewoond aan ons leefstyl dat ons nie meer verandering kan vat nie.Tieners is geneig om in n depressie-fase te gaan as dinge te veel raak, maar die waarheid is dat alles gebeur te vinnig na óns beplanning.


Liefde, geld, punte, jaloesie, drank en dwelms is iets wat altyd deel sal vorm van ons lewe, al is dit nie altyd in ons eie wêreld nie.


In die 18 en 1900's was dit maklik vir die bevolking om op hulle voete te dink en dinge te verwerk (voor die wêreldoorloë) , omdat hulle was hul eie mens. In vandag se wêreld, met ons tieners, is daar so baie druk as dit by tegnologie, skoonheid en mode kom. Ons wil soos ons rolmodelle wees al besit hulle nie die eienskappe wat ons moeders vir ons geleer het nie.Ons wil soos hulle lyk. Ons gee nie om wat dit ons ouers kos nie en ons gee defnitief nie eers meer om oor hulle mening nie.


Die rede hoekom ek die lewe berskryf as dubbelsinning is omdat mense dinge ontwerp wat vir ons aanloklik lyk en selfs glansmense hervorm om vir ’n sekere groep mense te inspireer, dit is presies dieselfde met die aarde.

Almal ontwerp iets wat nadelig is, maar wat ook positief sal wees vir ons selfbeeld. As dit nie vir die groot maatskappye was nie sou ons nie in die groot gemors gesit het nie. Almal praat altyd oor hoe hulle die aarde kan red, maar wat van ons tieners se arrogansie, hervormde gevrete en besoedelde bakkerige breine?


Wie of wat gaan vir ons red?


 

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar