Tieners se ouers het meer gewaag

  • 3
    like dit
  • 5
    like dit nie
Minder tieners drink deesdae...M

Tieners se gedrag is glo heelwat beter as wat hul ouers s'n was toe hulle tieners was. Minder tieners drink, rook, gebruik dwelms en het seks as hul ouers sowat 30 jaar gelede.

Terwyl ten minste 60% van tieners in 1980 dagga gerook het, is die aantal hoërskoolleerders wat dagga probeer het deesdae net 45,5%.

En dis nie net daggagebruik wat afgeneem het nie.

Volgens die Universiteit van Michigan se Monitoring the Future-opname, is hoërskoolleerders se gedrag vandag beter as wat hul ouers s'n was.

In 1980 het sowat 72% van tieners gerook - vandag is daardie persentasie af na 32%.

Een van die navorsers meen dié syfer het gedaal omdat ouers deesdae openlik met hul tieners daaroor gesels.

In 1988 het die helfte van seuns tussen 15 en 17 jaar al seks gehad teenoor 37,2% van meisies in dieselfde ouderdomsgleuf.

Nou is die syfer egter slegs 28% vir seuns en 27% vir meisies.

Die verandering van die ouderdom waarop jy wettig kan drink na 21, sowel as vrese van MIV is glo moontlike redes vir die afname, maar vir baie tieners is dit blykbaar eerder omdat hul ouers openlik met hulle daaroor gepraat het.

- NBC-2.com


Sien ook:
Meer dagga, minder drank vir tieners
Tieners en Dwelms: Is jy aan die "hoek"
Wat sê tieners oor drank en drink?

Gebruikers Kommentaar (7)

  • willie
    3 months ago
    Snert ! Ons was deur die kerk en samelewing 'n laaaang poep gevoer - van hare wat op jou hande sal verskyn as jy masturbeer tot seks is sonde !Ha Ha Ha dan praat ek nie eers van die morele regverdiging van apartheid ens ens nie !
  • Nicoline
    3 months ago
    Dis die grootste nonsens wat ek nog gehoor het. Die jeug van vandag is daarop uit om alles te probeer goed of sleg.
  • PJ
    3 months ago
    Aai Manie

    Jy dink jy is so wys maar om die waarheid te sê kry ek kla-kouse soos jy verskriklik jammer. Die wêreld raak by die dag al meer beskaafd, jy kies net om op die negatiewe te fokus. Van die dag wat ons voorsate mekaar vir 'n stukkie vleis vermoor het, vroue geen basiese regte geniet het nie tot vandag se moderne samelewing, is daar net vooruitgang op die tegnologiese, morele, akademiese en sosiale aspekte van "society" gewees..

    Lees bietjie onderstaande "quotes" van doemprofete soos jy oor die eeue heen..

    "The children now love luxury; they have bad manners, contempt for
    authority; they show disrespect for elders and love chatter in place
    of exercise. Children are now tyrants, not the servants of their
    households. They no longer rise when elders enter the room. They
    contradict their parents, chatter before company, gobble up dainties
    at the table, cross their legs, and tyrannize their teachers." - Socrates (S????t??) 470 BC

          
    “I see no hope for the future of our people if they are dependent on the frivolous youth of today, for certainly all youth are reckless beyond words. When I was a boy, we were taught to be discrete and respectful of elders, but the present youth are exceedingly wise and impatient of restraint.” - Hesoid ?s??d?? 720 BC

    "The world is passing through troublous times. The young people of
    today think of nothing but themselves. They have no reverence for parents or old age. They are impatient of all restraint. They talk as if they knew everything, and what passes for wisdom with us is
    foolishness with them. As for the girls, they are forward, immodest
    and unladylike in speech, behavior and dress." - Peter the Hermit en die jaar 1274
  • Manie
    3 months ago
    Ek glo dit toetaal en al nie,en dis in Michighan gedoen.Ek was vanaf die jare 80,s en glo my die kinders van vandag is belslis nie wat ons was nie.
    Ons het norme en respek gehad,vandag se kinders het geen respek vir wat hul doen en hoe hulle dit doen nie.Ek het tieners en ek sien daagliks tussen hul vriende hoe dit gaan en wat hul aanvang,dis ongelooflik.Word wakker en moenie julle staar aan sulke onsien wat iemand kwyt geraak het in n kamtige studie nie,selfde gaan vir skool opleiding.Alles gaan agteruit en ons vlak van geleerdheid daal a.g.v dissiplinne en toegewydheid.
  • PJG
    3 months ago
    30 jaar terug het ons nie geweet van Tik en die hope ander dwelms waarmee deesdae se tieners party nie. Dis dalk waarom die dagga verbruik af is - hulle gebruik iets anders! Dan praat ons nie eens van drank misbruik nie. Meeste van ons generasie het eers na matriek sosiaal begin drink.
Bladsy 1 van 2
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar