Tieners en Dwelms: Is jy aan die "hoek"?

  • 9
    like dit
  • 2
    like dit nie
Grafika: Morné Schaap

Pieter* (22, van Vredenburg) het reeds op 12-jarige ouderdom begin drink, hy rook al 7 jaar lank en gebruik die afgelope 4 jaar elke nou en dan dagga (ganja).

Hy het ook al geëksperimenteer met tik - 'n goedkoper vorm van metamfetamien wat met 'n lollie (glaspypie) gerook word, meth (metamfetamien, wat gesnuif word), coke (kokaïen wat gesnuif word), crack (kokaïen wat gerook word), ecstasy, heroïen (die high wat jy kry staan bekend as chasing the dragon), acid, magic mushrooms en salvia.

Waar het alles begin?
"Ek het in standerd 7 en 8 (graad 9 en 10) begin ganja rook en nogal erg gedrink. Drank was 'n probleem. In daardie stadium het ons in Wellington gewoon.

"Ná skool (18) is ek George­ toe, en hier het ek en buddies begin kokaïen gebruik. Aan die begin het ons dwelms by Nigeriërs gekry. Ons het net na 'n donker alley toe gery, omtrent nie eens die d ealer se gesig gesien nie en gekry wat ons nodig gehad het. Daarna raak dit makliker om 'n dealer op te spoor.
"Die pryse verskil van dealer tot deal­er en hang maar af van wat in voorraad is. Dis net soos besigheid, vraag en aanbod.

"Hoe meer jy koop, hoe goedkoper kan jy dit kry," vertel hy.

'n Handelaar het blykbaar ook altyd 'n skuil-professie. Die handelaar wat gereeld aan Pieter dwelms verskaf het, was byvoorbeeld 'n werktuigkundige en het ook 'n sjebien bedryf.

Het sy ouers geweet?
Sy ouers was nie bewus van sy dwelmgebruik nie. Sy stiefpa het later agtergekom iets is nie lekker nie en het Pieter in 2008 saam na die Mighty Men-konferensie geneem.

"Hier het ek ge-crack en myself bekeer. Ek het ook alles vir my stiefpa vertel. Eers het hy kwaad geraak en my uitgeskel, maar later het hy net geluister."

Pieter se ma weet steeds nie van sy donker verlede nie.

"Ek wil net sê ek het nie 'n probleem gehad nie, dalk bietjie met die meth, maar moes dit afskud. Mense sonder ruggraat doen dit. Ek is heeltemal bekeer, en net die Grootman kon my help. Rehab is net om nog kontakte op te bou, so daai werk nie," vertel hy.

"Dis nie maklik om op te hou nie; en nadat ek myself bekeer het, het ek weer daarna gehunker, maar ek het 'n belofte aan myself en God gemaak en van die sterk goed af weggebly."

Het hy al met die gereg te doen gehad?
Die polisie het hulle al 'n paar keer met dagga betrap en een keer ook afgetrek net nadat hulle 'n tikhuis besoek het.
Die polisie kon egter nie die tik opspoor nie, want hulle het dit in hul onderklere en in die kar weggesteek.

Dwelms se invloed:
Meth en tik is volgens Pieter 'n evil drug.
Hy kon dae nadat hy die dwelm gebruik het, nie eet of slaap nie. Dit het hom aggressief gemaak en hom net op een ding laat fokus.

"Wanneer jy down raak en jy's op dié drug, voel dit of jy wil selfmoord pleeg. Dan gebruik jy maar net weer, want dis al wat jou help om daaruit te kom.

Kokaïen, acid en magic mushrooms boost jou selfvertroue en is 'n party drug."

Pieter gebruik steeds nou en dan dagga.

"Ganja maak my liefdevol en rustig, en ek waardeer die natuur meer."

Wat kos dit?
Volgens Pieter* kos dwelms gemiddeld die volgende:
Tik: R40 per strooitjie.
Meth: R80 vir ’n kwartgram.
Coke/crack: Tussen R300 en R400 per gram (die gehalte beïnvloed gewoonlik die prys).
Ecstasy: Sowat R70 per pil.
Heroïen: Sowat R150 vir ’n halwe gram.
Acid: “Kan nie onthou nie, maar jy kry strips en liquid, en die liquid is effens duurder.”
Magic mushrooms: R120 tot R140 vir twee gram.
Salvia: R80 per gram.

Kry hier hulp:
Narcotics Anonymous (NA)
webtuiste: www.na.org.za
24 uur-hulplyn: 0 083 900 6962
Kaapstad: 0 088 130 0327
Johannesburg: 0 011 485 5248
Alkoholiste Anoniem SA (die nommer kan ook vir hulp met dwelmverslawing gebel word)
Johannesburg: 0 011 436 0116
Kaapstad: 0 021 592 5047
Durban: 0 031 301 4959
www.alcoholicsanonymous.org.za

Gebruikers Kommentaar (10)


  • 8 months ago
    ek is so bly vir dit wat god in jou lewe kom doen ht pieter weet,dit is nie altyd iets lekker om te sien hoe jongkinders,tieners,en ook volwassens hul lewe leef nie,hulle raak blindelings betrokke by dinge wat op die einde van die dag net hul lewe en toekoms laat skade ly,maar alles van die beste voorentoe vir jou in die toekoms en weet dat God het n doel met jou lewe en nie net met joune nie maar elke jongkind,tiener en volwassene daar buite en hy gebruik jou om die verskil daar buite te maak.Ek het nog nooit geeksperimenteer met tik of ander dwelms soos cocain ens nie,ek het wel betrokke geraak by dagga rook but dis nie dissele ervaring wat j deur gemaak het nie maar wat ek yntlik wil se is ek het nog nooit getik ens nie maar ek kan my indink oor hoe jou lewe moet gewees het!!!wees sterk en standvastig in die dinge van die here.Ek is n jonk tiener 17 jaar oud vroulike geslag en jou storie is so inspireerend net om te lees wat die here in jou lewe gedoen it

  • 11 months ago
    Vir al ons kinders [is die wereld]
    Julle is nie pertoeval hier nie, julle is GOD se skepping.......Ja almal van ons.GOD het 'n doel vir elkeen van julle, groot of klein, HY het jou lief, hoekom nou die duiwel 'n kans gee om jou te verwoes HUH????? Jong span, wees daar vir mekaar weet dat elkeen van julle spesiaal in vir jou ouers, famielie, en meer as dit wees lief vir jouself, dan sal jy ook lief wees vir GOD....Kom ons sataan saam en kyk uit vir mekaar, ondersteun mekaar kom ons wys die duiwel sy G@%$#@@t!!! SE NEE VIR DRUGS...HOEKOM!!!!! WANT EK IS SPESIAL EN EK IS KONINGS KIND.

    Mommy
    Vereeniging
  • Aurora
    14 months ago
    Middag
    My seun is 16 en ons het onlangs uitgevind hy rook dagga. Wat staan ons te doen? Ons het gesê hy moet sy vriende los, maar hy glo hulle sal mekaar help om op te hou...help asb ek is al moedeloos...

  • 17 months ago
    Pieter ons dank God dat hy jou gered het en laat ons nie die een wees om eerste die klip op tetel nie deur te oordeel nie maar dat ons erder vir jou sal bid

  • 17 months ago
    Pieter ek wil net vir jou sê ek haal my hoed vir jou af, ek dink van die mense op hierdie kommentaar lys was nog nooit verslaaf aan drugs nie. Net iemand wat verslaaf was aan drugs kan uindelik regtig hulle kommentaar lewer. Want ek glo nie hulle besef deur wat se ontrekking simtome gaan 'n mens se liggaam nie daar is dae wat jy vir God bid en vra om jou eerder maar te kom haal want die pyn en rukkings is so erg dat jy as mens in vlees dit nie sal kan maak sonder die hulp van God nie.

    Dan will ek ok se dat jy op jou knee kan gaan en God dank vir die wonderlike famielie wat jy het al is dit nou jou stiefpa vir al die ondersteuning en liefde dit was ook seker nie 'n maklike paaitjie vir hulle om te stap nie.

    Sterkte en hou die blink kant bo en as jy rerig kan help ander kinders wat nie sulke liefde volle en ondersteunende ouers het nie. Wees vir hulle 'n steen pilaar.
Bladsy 1 van 2
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar