Them Three Piece Crooked V8 Vultures

  • 23
    like dit
  • 0
    like dit nie
Blogger:

Willim Welsyn

Die meerderheid van my gunsteling bands was nog altyd three piece bands. The Jimi Hendrix Experience, The Police, Rush, Nirvana, Green Day, Primus, The Yea Yea Yea`s, Muse en Wolfmother. Dit vat meer guts en verantwoordelikheid om in 'n three piece band te speel want jy moet harder werk om 'n groot sound te kry.


Ek dink ek weet hoe word three piece bands gevorm. Om fiktief en stereotipies te klink is hulle gewoonlik die windgat ouens wat uit hul vorige four en five piece bands uitgeskop is omdat hulle altyd die show gesteel het. En omdat hulle die meeste meisies gekry het. Die stage was te klein vir hulle groot egos.


En so spoor 'n verlore windgat drummer, bassist en kitaarspeler mekaar op en voor jy jou oë kan uitvee neem hierdie drie stoutgatte die wêreld oor. The good, the bad and the ugly. Bang vir niks en niemand nie. Hulle was nie hare nie, hulle skeer nie, hulle dra nie safety belts nie en is altyd laat vir band practice. Hulle het baie selfvertroue en rou talent. Kansvatters. Moeilike mense. Goeie ouens.


My nuwe gunsteling three piece band is die supergroep, Them Crooked Vultures. Hierdie drie giftige aasvoëls bestaan uit die drummer Dave Grohl (Foo Fighters, Nirvana, Probot, Queens of the Stone Age, Scream), sanger en kitaarspeler Josh Homme (Queens of the Stone Age, Kyuss, Eagles of Death Metal, Desert Sessions) en bassist John Paul Jones (Led Zeppelin).


Ek raak so opgewonde soos 'n dogtertjie Oukersaand as verskillende lede van my gunsteling bands saam smelt om iets mal aan te vang. Maar gewoonlik verwag 'n mens net 'n bietjie te veel van 'n supergroep en is die moontlikheid vir teleurstelling baie groter as wanneer jy na 'n nuwe onbekende band luister. Jy wil graag hê dit moet rock want die resep lyk briljant op papier. Jy ken immers die lede en weet waartoe hulle in staat is. Maar 'n mens moet in ag neem dat supergroepe juis gevorm word om eksperimenteel te wees en af te wyk van hulle vorige werk.


Ná die eerste luisterslag het Them Crooked Vultures net soos 'n Queens of the Stone Age album geklink en kon ek hoor dat Josh Homme defnetief die grootste invloed op die band se songs, produksie en klank gehad het. Dit het my so 'n week se luister en fynproe gekos om Dave Grohl en John Paul Jones se invloede op die album te hoor, maar toe alles duidelik word, was ek hooked. Op "Scumbag Blues" en "Elephant" kom die Led Zeppelin invloed sterk deur. En op "Mind eraser no chaser" se chorus verras Grohl se bekende Foo Fighters-stem mens omdat jy al vrede gemaak het met Homme as sanger. As ek kon kies sou ek meer van Grohl se vocals op die album wou hoor. Nie te min het Them Crooked Vultures soos 'n swam op my gegroei is dit tans my soundtrack vir Desember.


Om hierdie album te luister was dieselfde soort gevoel wanneer jy 'n cool maar beneukte ou V8 Ford, wat te lank in die garage gestaan het, probeer running start en net voor jy moed opgee, vat hy. Die engine dreun, die battery laai en voor jy jouself kan kry het jy al lankal vergeet van al die gesukkel.


 


 


 


 


 


 


 


 

Gebruikers Kommentaar (9)

  • willim
    25 months ago
    Rittel, jy is doodreg. dankie vir korreksie, ek is ook musieksnob.
  • Pietbril
    25 months ago
    Het al die pad van Transkei tot die Vaal die Vultures album geluister. Dit word net beter en beter!! Gooi!
  • Rittel
    25 months ago
    hmmmm raito... vergewe my, maar Yeah Yeah Yeah's kort 'n "h" na elke "Yea"
    Ek's 'n musieksnob. wat kan ek se.
  • cornel
    25 months ago
    Dude, wat van blink 182??? Kannie wag vir hulle nie album nie.
  • Barend Jakobus
    25 months ago
    Heeltemaql reg Willim, Baker woon in Tulbach (of net buite Tulbach). Hy het vir n tyd ook in die Natalse "Midlands" gebly. Op sy ouderdom nog steeds n formidable drommer, kyk na Cream se reunie konsert in die Royal Albert Hall.:-)
Bladsy 1 van 2
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar