The Almost se CD sal in jou speler bly

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Monster Monster is die tweede vollengte-uitreiking van The Almost.

Die band is bekend daarvoor dat dit die bekende Christelike post hardcore band Underoath se drummer, Aaron Gillespie, as voorsanger het.

Moet egter nie een sekonde dink dat hierdie band enigsins soos Under- oath klink nie. The Almost se musiek het 'n baie Southern Country Rock-gevoel daaraan. Die songs op die album dek 'n groot musikale spektrum, en luisteraars sal nie sommer gou verveeld raak nie.

Snitte wat op die album uitstaan, is die titelsnit "Monster Monster", "Hands" en "Summer Summer".

Monster Monster is 'n album wat vol catchy melodieë en sing-saam-refreine is. Dit sal beslis 'n hele rukkie in jou CD-speler bly.

As jy van The Almost se vorige uitreiking, Southern Weather, gehou het, sal jy beslis van hierdie album hou.

Kyk ook hier vir meer oor die band.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar