Album: Fearless Platinum Edition
Daar is 'n baie goeie rede hoekom Taylor Swift die afgelope ruk so baie pryse opgeraap het.
Haar musiek is eenvoudig pragtig en al dra dit 'n country-etiket om die nek, is dit nie jou standaard-country nie. Ja, die songs het 'n sterk liefdestema, maar ai, dit bly darem lekker om daarna te luister.
Nou is die Platinum Edition van Taylor se album Fearless uitgereik met ses splinternuwe snitte (wat beteken jy kry 18 awesome snitte en een bittermooi klavierweergawe van Forever & Always), plus vyf video's, agter die skerms-opnames en meer.
Die nuwe snitte is werklik awesome en veral "Untouchable" en "Come in with the rain" staan uit.
Hierdie album is beslis 'n moet-hê vir fans. Ons kan nie wag vir die volgende een nie!
Kyk hier vir meer inligting oor dié talentvolle sangeres.