Dis ’n nuwe jaar, vol nuwe skoolaktiwiteite, en JIP wil alles daarvan weet.
Stuur vir ons foto’s van skoolgebeure – van gr. 8’s se eerste paar dae by die skool tot Valentynsdagsokkies, dirigente-foto’s en nuus oor leerders wat uitblink of aan interessante aktiwiteite en projekte deelneem. Dit kos niks om jou skoolnuus in JIP te laat verskyn nie.
Foto’s moet minstens 1MB groot wees en in .jpg-formaat. Stuur ook die name, vanne en graad van die leerders op die foto’s en ’n kontaknommer vir as ons nog vrae het. JIP publiseer slegs hoërskoolnuus.
Stuur jou nuus na:
Oos-Kaap: jipoos@dieburger.com
Wes-Kaap: jip@dieburger.com
Gauteng: jip@beeld.com
Vrystaat: jip@volksblad.com