Stellies tref die net goed in Bloem

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Die 0.19A-netbalspan. Foto: Verskaf

Die o.19 A- en die o.16 A-netbalspan van die Hoërskool Stellenberg het van 22 tot 25 Mei aan die prestigeryke Super14-toernooi van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein deelgeneem.

Elkeen het skitterend gespeel en tot die eindstryd in sy ouderdomsgroep deurgedring - die o.16-span teen die gasheer en die eerste span teen Duineveld van Upington.

Die jonges was vir die tweede keer in die toernooi te sterk vir Sentraal en het met 20-12 die goud verower. Hul seniors het met 19-21 vasgeval, maar silwer is steeds nie te versmaai nie.

 Ander o.16-tellings: klop Duineveld 22-7, klop Wilgerivier 35-3, klop Voortrekker 21-10, klop Sentraal 18-12, klop Bellville 18-13. o.19-tellings: klop Framesby 24-16, klop Goudveld 22-14, klop Wilgerivier 20-18, verloor teen Duineveld 24-27, klop Bellville 24-16, klop Voortrekker 27-20.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar