Skoon papier, skerp potlood

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie

Dié tyd van die jaar speel die DJ in my kop een klingel tot vervelens toe: "Back to school, back to reality. Back to the slog and grime..."

Dié tune is nie geskryf deur die een of ander rapper met 'n wrok teen sy onnies nie. Dis so 'n paar jaar gelede in 'n terug-skool-toe-advertensie van CNA gebruik. Die liedjie was vir baie mense 'n stadige vorm van marteling. Veral omdat hulle dit al hier teen 1 Desember begin uitsaai het, toe die meeste van ons se binelandse velletjies menseredders nog na hul sonbrille laat gryp het.

Maar vir ander het dié gebreinspoel actually gewerk. Want tot vandag toe, al is ek al lank nie meer op skool nie, crave ek so teen Januarie na nuwe skryfbehoeftes om in my skooltas te pak: van vlymskerp HB-potlode tot kokipenne mét doppies.
Die moontlikhede wat nuwe skryfgoed inhou, is eindeloos, al weet jy ál wat oorgebly het van laasjaar se potlode is klein stompies.

Dalk is ek weird, maar ek het nog altyd geglo 'n nuwe pen beteken 'n núwe begin. Die wit velle papier, drukkersink en interessante stories wat lê en wag in 2012, het dieselfde uitwerking op die JIP-span.

Ons hoop die koerant gee vanjaar élke Maandag, meer as ooit, vir Jippers 'n Bic-kliek-kick-start.

JIP se energie hang van júlle af. Skryf dus daardie wit rekenaar- en selfoonskerms vol en stuur vir ons jul menings! Lank lewe wit papier.

Lank lewe daai back to school-gevoel.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar