Die aktrise Sandra Bullock gaan glo van haar man skei.
Dit nadat bewerings aan die lig gekom het dat Jesse James haar glo met verskeie vroue verneuk het.
Hierdie nuus het gebreek enkele dae nadat sy die Oscar vir beste aktrise gewen het vir haar rol in The Blind Side.
Volgens bronne het Jesse dalk vir Sandra met soveel as 11 vroue verneuk en voel sy nou asof haar huwelik net een groot leuen is.
* Jesse James het homself ook glo in 'n private rehabilitasiesentrum ingeboek om sy "persoonlike kwessies" uit te sorteer.