Sandra Bullock se huwelik loop deur

  • 0
    like dit
  • 0
    like dit nie
Foto: Reuters

Sandra Bullock kan moontlik ook deur die sogenaamde "vloek van die beste aktrise Oscar" getref word.

Dit kom nadat 'n Amerikaanse ponietydskrif gerugte publiseer het dat Bullock se man, Jesse James, 'n motorfietsryer en realiteitsster, haar verneuk het.

As haar huwelik op die rotse beland, sal Bullock gevoeg word tot 'n lang lys aktrises wie se huwelike beëindig is nadat hulle 'n Oscar gewen het, waaronder Kate Winslet, Hilary Swank, Reese Witherspoon en Julia Roberts.

Bullock het via 'n verklaring bekendgemaak dat sy weens persoonlike kwessies nie die naweek die Londense bekendstelling van haar fliek, The Blind Side, kan bywoon nie.

Lees die volledige berig hier.

Gebruikers Kommentaar (0)

Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar