Sandra Bullock is nou weer enkellopend nadat haar egskeiding afgehandel is.
Die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock se egskeiding is afgehandel.
Sy het vir 'n egskeiding aansoek gedoen nadat haar vervreemde man, Jesse James, se talle buite-egtelike verhoudings op die lappe gekom het. Die egskeiding bring die einde van hul huwelik van vyf jaar mee, berig Reuters.
'n Woordvoerder van Bullock het bevestig dat die egskeiding in net twee maande afgehandel is.
Bullock het ook onlangs 'n babaseuntjie aangeneem.
Sien ook:
Sandra gaan skei
Sandra Bullock noem persoonlike lewe "ontploffing"