Die soen wat almal aan die gons het. Foto: Reuters
Sandra Bullock dink Scarlett Johannson soen baie lekker!
Sandra en Scarlett het Sondagaand gesoen toe Scarlett vir Sandra die "Generation Award" by die MTV Movie Awards oorhandig het.
Scarlett is getroud met Ryan Reynolds wat saam met Sandra in "The Proposal" gespeel het. Reynolds en Bullock was ook benoem vir beste soen, maar Robert Pattinson en Kristen Stewart van die Twilight-saga het met die prys hiervoor weggeloop.
Sandra en Scarlett het net vir die grap gesoen nadat Sandra vir almal gesê het sy is steeds baie lief vir haar werk, ondanks haar onlangse hartseer toe haar man se ontrouheid op die lappe gekom het.