SA tieners se seksuele gedrag ontbloot

  • 15
    like dit
  • 4
    like dit nie

'n Nuwe verslag deur die RGN dui aan dat meer as een in elke tien seuns en een in elke sewe meisies seks het teen die ouderdom van 15.

Die RGN (Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing) het die verslag saamgestel uit data wat in 2008 vir 'n nasionale MIV-opname versamel is.


Die opname het meer as 15 000 huishoudings reg oor die land gedek.


In die ouderdomsgroep 12 tot 14 jaar oud het 10,8% van seuns en 14,5% van meisies gesê hulle het reeds seks gehad.

Meeste van die seuns in die opname - wat kinders ingesluit het van geboorte tot en met die ouderdom van 18 – het geneig om seks te hê met mense in hul eie ouderdomsgroep.


Maar meer as 'n kwart van die meisies het mees onlangs seks gehad met mans wat vyf of meer jaar ouer as hulle was. Dit het hul risiko om MIV/vigs te kry verhoog.

Onder diegene wat seksueel aktief was in die 15 to 18 jaar groep, het sowat een in drie met meer as twee mense seks gehad in die laaste jaar.

Dit wil egter voorkom asof meeste van die tieners kondome gebruik het, met sowat 92,1% van seuns wat dit tydens hul laaste keer wat hul seks gehad het, gebruik het.


 

Gebruikers Kommentaar (15)

  • Bianca
    5 months ago
    Ek mag dalk nou baie oudtyds klink maar eke glo dat seks 'n spesiale ding is wat tussen jou en jou geliefde man of vrou moet gebeur! ek weet dat versoekings somtyds baie hoog is as jy en jou ou of meisie alleen by mekaar is,maar wat gebeur as jy en daai persoon uit is,was dit dan die moeite werd as jy nou met 'n gebroetsel sit waarna jy moet kyk? Ek weet jy dink nou by jouself dat die persoon saam wie jy nou is jou sielsgenoot is,maar ek kan jou belowe dit is nie altyd die gevel nie! my beste vriendin en haar ex was 2jaar saam en hy het haar belowe hy sal altyd saam haar wees, hy het selfs vir haar ouma wat op haar sterfbed was belowe hy sal altyd mooi na haar kleindogter kyk en nou sit hy in 'n jonger meisie se arms... Dink mooi voor jy besluit om seks te he!
  • shani
    6 months ago
    tieners van vandag moet besef dat sex nie nie die "in ding" is nie jy hoef nie saam n ou te slaap om in te wees nie .
    en meisies moet nooit dat n ou jou dwing nie
    SE NEE .....

  • 7 months ago
    Gelukag kan ons ons eie besluite neem

  • 9 months ago
    Soos hule se in engels..."No Glove No Love"
  • adian
    18 months ago
    ek dink dit is reg wat die mense gehad het
Bladsy 1 van 3
<< Vorige | Volgende >>
Naam: Epos adres:

Lewer Kommentaar