Diefwering van die Hoërskool Punt. Foto: Rozanne Els
Corlia Goosen praat met die bands by die Rockspaaider-uitdunronde wat Saterdagaand in The Assembly in Kaapstad plaasgevind het.
A-Klas Kandidaat van die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes
Die lede: Charl Cillie (17, vocals), John Ralphs (18,kitaar), Chris van Zyl (18, baskitaar), Matthew Corder (17,tromme), Charl Albertyn (18, kitaar)
Waarna verwys die "A" in A-Klas Kandidaat?
"Dit is eintlik net 'n random naam, die A staan vir die potensiaal van die klas waarin ons kan wees en dat ons steeds in die running is," verduidelik John.
As julle musiek 'n som was, wat sou die formule daarvoor wees? (Julle sê mos julle musiek is baie ingewikkeld).
"Een wat nooit ophou nie," Cillie.
" 'n Eksperimentele formule," Albertyn.
Diefwering van die Hoërskool Punt in Mosselbaai
Die lede: Ferdinand Pieterse (17, kitaar en vocals), Marko Mulder (17, baskitaar), Christiaan Zwiegelaar (16, tromme) en Connor Fitzgerald (17, ritmiese kitaar).
Fitzgerald vertel dat Fokofpolisiekar een van hul gunsteling-bands is en dat hulle die kompetisie baie ernstig opneem, maar ook daar is vir die jol. Diefwering vertel ook dat hul logo staan vir vryheid en vrede, onafhanklikheid, 'n verbinding aan mekaar, wysheid van musiek en die allerbeste.
Helder Hoop van die Hoërskool Outeniqua op George
Die lede: Dandré Barnard (17,kitaar en vocals), Morné Bosman (16, ritmiese elektriese kitaar), Phillip Dippenaar (17, tromme), Ruan van der Vyfer (17,baskitaar).
Is julle cool in julle skool?
"Ruan is miskien, hopelik sal ons almal wees as ons in die top-4 kom," sê Bosman.
In Memory of Tears van die Hoërskool D.F. Malan en Elkanah House in Bellville en Bloubergstrand
Die lede: Beyers van der Watt ( 15, kitaar), Jarryd West (16, tromme), Sheldon van den Berg (15, baskitaar), Gabi Swanepoel (15, vocals en kitaar) en Enyha Swanepoel (14, vocals).
Watter een in die groep is die cool-ste en hoekom?
"Beyers is die cool-ste in die groep, om die en of ander rede ken almal wat ons ontmoet hom," Van den Berg.
Die volgende Rockspaaider-uitdunronde vind Vrydag by die Hoërskool D.F. Malherbe in Port Elizabeth plaas.