Talle rekords het die naweek in die slag gebly toe die 10 top- girls en -manne van 41 hoërskole op Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo kragte gemeet het.
Die 24ste jaarlikse Elardus Erasmus-gedenkatletiekbyeenkoms is oudergewoonte in die bosveldhitte by die Hoërskool Hans Strijdom aangebied.
Die volledige uitslae was teen druktyd nog nie bevestig nie en sal volgende week verskyn.
Die atlete van die Hoërskool Monument het die pap dik aangemaak en is as beste meisiespan en naasbeste seunspan aangewys. Die top seuns was die manne van Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria.
Die Top 10-skole is:
Meisies - 1. Monnas; 2. Kempton Park; 3. Noordheuwel; 4. Jeugland; 5. Eldoraigne; 6. Menlopark; 7. Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria; 8. Waterkloof; 9. HTS Middelburg; 10. Vorentoe.
Seuns - 1. Affies; 2. Monnas; 3. Helpmekaar; 4. Waterkloof; 5. Kempton Park; 6. Nelspruit Hoër; 7. King Edward School; 8. Jeugland; 9. Jan Viljoen; 10. Prestige College.